Afrikaanse Dating Sites Vergelyk: Kies Wat by Jou Pas
Sluit gratis aan by jou afdeling:
Afrikaans Singles, Koer, DatingBuzz, Tinder en Badoo langs mekaar, sodat jy gou sien waar jy tuis sal voel.
Jou kortpad na die regte keuse
Soek jy ’n vaste verhouding, ’n maat ná 40 of net pret, en wil jy in jou blaaier date, kies Afrikaans Singles. Wil jy ’n app wat vir Afrikaanssprekendes gebou is, kies Koer. DatingBuzz pas as jy in Engels self wil soek, en Tinder of Badoo as jy op ’n wêreldwye app wil swipe.
Al vyf op een plek, vir ’n vinnige keuse
Wat DatingBuzz gratis aanbied, kom van sy webwerf vroeër in 2026.
| Afrikaans Singles | Koer | DatingBuzz | Tinder | Badoo | |
|---|---|---|---|---|---|
| Wat dit is | Dating webwerf met drie afdelings | Afrikaanse dating app | Suid-Afrikaanse dating webwerf | Wêreldwye swipe-app | Wêreldwye dating app |
| In Afrikaans? | Hierdie blaaie wel; aansluit en lede-area Engels | Ja | Nee, Engels | Ja, ’n Afrikaanse weergawe | Nee |
| Hoe jy ontmoet | Daaglikse voorstelle en boodskappe | Koer of Koes; klets as albei ja sê | Tweerigting-passings en soektogte | Swipe; ’n passing as albei like | Swipe, mense naby en filters |
| Wat gratis is | Profiel, voorstelle, ’n paar boodskappe | Die aflaai en daaglikse aksies | Aansluit; persoonlike boodskappe kos geld | Likes, passings en klets | Die app; Premium kos geld |
| Waar dit werk | Enige blaaier | iPhone, Android, Huawei | Blaaier | iPhone, Android, web | iPhone, Android, web |
| Wie, sedert wanneer | Afrikaans Singles, sedert 2011 | Die Bende (Pty) Ltd, sedert 2020 | Dating Lab Limited, Jersey | Tinder LLC (Match Group), sedert 2012 | Bumble Inc.; Badoo sedert 2006 |
Elke keuse van naderby
Elke vergelyking sit Afrikaans Singles langs een diens, punt vir punt.
- Afrikaans Singles vs Koer
’n Afrikaanse app met Koer en Koes, of drie afdelings in jou blaaier.
- Afrikaans Singles vs DatingBuzz
Self soek op ’n Engelse webwerf, of elke dag voorstelle in jou afdeling.
- Afrikaans Singles vs Tinder
’n Wêreldwye swipe-app met ’n Afrikaanse weergawe, of voorstelle wat leefstyl en geloof weeg.
- Afrikaans Singles vs Badoo
Swipe, mense naby en video-klets, of ’n afdeling vir jou soort dating.
Drie vrae wat jou keuse makliker maak
- Wat soek jy? ’n Eie afdeling vir jou soort dating, soos vir 40-plussers of vir ongebonde pret, spaar jou raaiwerk.
- Hoe belangrik is Afrikaans? Koer en die nuwer apps hieronder werk in Afrikaans, en Tinder het ’n Afrikaanse weergawe; Afrikaans Singles is vir Afrikaanse singles, met Engelse aansluit- en ledeskerms.
- Hoe wil jy ontmoet? Swipe (Tinder, Badoo), ja of nee (Koer), self soek (DatingBuzz) of daaglikse voorstelle (Afrikaans Singles).
Nog onseker? Begin by ons gids Is daar ’n Afrikaanse dating site? Oor 50? Lees ons Engelse gids Dating sites for over 50s in South Africa. Voor ’n eerste afspraak, lees ons veiligheidsraad.
Nuwe Afrikaanse apps op die toneel
In 2026 het drie nuwer Afrikaanse apps bygekom. Vonk is vir Afrikaanssprekende Suid-Afrikaners oorsee, met swipe en byeenkomste in stede oorsee. Vlam is ’n Afrikaans-eerste app vir volwassenes in Suid-Afrika, net op Android, met groepkletskamers langs die een-tot-een passings. Kiepie, ook vir Suid-Afrika, is op Android en Huawei, en ’n private gesprek gaan oop as julle albei belangstel. Al drie laat jou gratis begin, met ’n betaalde opsie.
Reguit antwoorde oor Afrikaanse dating sites en apps
Watter Afrikaanse dating site of app is die beste?
Dit hang af van wat jy soek. Vir ’n verhouding, ’n maat ná 40 of ongebonde pret in jou blaaier: Afrikaans Singles. Vir ’n Afrikaanse app uit die app-winkel: Koer. Woon jy oorsee: Vonk. Verkies jy Engels en baie soekopsies: DatingBuzz. Wil jy mense van oral ontmoet: Tinder of Badoo.
Is daar ’n Afrikaanse dating app?
Ja, meer as een. Koer, Vlam en Kiepie is Afrikaanse apps in Suid-Afrika, Vonk is vir Afrikaanssprekendes oorsee, en Tinder het ’n Afrikaanse weergawe. Afrikaans Singles werk in jou foon se blaaier, en jy stoor dit op jou tuisskerm soos ’n app.
Watter dating site is daar vir Afrikaanse singles oor 40?
Goue Oues, Afrikaans Singles se afdeling vir 40-plussers. Sowat sewe uit elke tien lede daar is 55 of ouer, en mans en vroue is amper gelyk. Kyk hoe Goue Oues werk.
Sien self wie in jou afdeling wag
Jou profiel is gratis, en jy kan by meer as een afdeling aansluit.
